Skip to main content

Joburg Sake reageer op Eskom verhogings

Eskom straf verbruiker met tariefverhoging

Die elektrisiteitsverhoging van 24,8% wat deur die nasionale energieregukleerder (NERSA) vandag aan Eskom toegestaan het, moet gesien word teen die agtergrond van Suid-Afrika se huidige ekonomiese omstandighede, en moet ten sterkste afgekeur word.
Die verhoging gaan veral ‘n negatiewe invloed hê op kleinsake-ondernemings wat reeds onder die wêreldwye resessie gebuk gaan.
Volgens mnr Andries Brink, voorsitter van die Groter Johannesburgse Sakekamer, gaan dit veral die vervaardigingsektor kwaai benadeel.
“Die verhoging van 24,8% gaan verdere druk op produksiekoste plaas sowel as die besteebare inkomste van ondernemings plaas en ons is bevrees dat dit gaan veroorsaak dat ‘n groot aantal kleinsake-ondernemings en diensondernemings hul deure sal moet sluit aangesien hul insetkoste eenvoudig te hoog gaan word.
“Dit gaan weer tot afleggings lei, met die gepaardgaande negatiewe invloed op die arbeidsmark en ‘n afname in werkskeppings-geleenthede.
“Eskom se drastiese verhoging is wel minder as die gevraagde 35%, maar dit gaan veroorsaak dat Suid-Afrika in terme van potensiële buitelandse beleggings, as beleggingsopsie minder aantreklik gaan word,” het Brink gesê.
Brink het ook die aandag gevestig op die probleem wat Eskom het met ooreenkomste wat met groot maatskappye soos Billiton gesluit is waar krag teen laer tariewe as dié vir die gewone verbruiker in groot maat verskaf word.
“Wie gaan die tekort wat daardeur veroorsaak word, dek – gaan die verbruiker weer eens nog meer moet betaal?”het hy gevra.
Brink het daarop gewys dat Eskom se salarisrekening die afgelope jaar met meer as die inflasiekoers gestyg het, terwyl die res van die land onder ‘n ekonomiese ressie lei.
“Eskom is besig om sy onderneming te vergroot en uit te brei sonder inagneming van ekonomiese realiteite. Die res van die land skaal af, terwyl Eskom net meer geld aan sy amptenare betaal. Dit is ‘n swak besigheidsbesluit en die verbuiker word deur ‘n staatsinstelling uitgebuit teen wie hy geen verweer het nie.
Hierdie drakoniese besluitnmeing van die regring kan niks goeds vir die landsekonomie inhou nie.
“Boonop is die feit dat Eskom al vir etlike jare teen ‘n verlies bedryf word, ‘n groot genoeg bewys dat daar ernstige bestuursprobleme in die organsiasie is. As ‘n mens dit egter sien in konteks van ander staatsinstellings soos Transnet, die SAL en die SABC wat almal teen verliese deur die staat bedryf word.
“Daar moet eerder gekyk word na die privatisering van hierdie staatsinstellings in ‘n poging om dit weer in winsgewende besigheidseenhede en bates van die Republiek te omskep,”het Brink gesê.