Skip to main content

Sakekamer skenk groot aan die Beeld Kinderfonds

Beeld Kinderfonds Oorhandinging aan Adrie van Staden: Oorhandiging aan die beeld Kinderfonds: Die Sakekamer het in 2010 die laaste groot bydrae aan die Kinderfonds gemaak. Op die Foto is Ester Harper, Andries Brink en Adrie van Staden van die KinderfondsBeeld Kinderfonds Oorhandinging aan Adrie van Staden: Oorhandiging aan die beeld Kinderfonds: Die Sakekamer het in 2010 die laaste groot bydrae aan die Kinderfonds gemaak. Op die Foto is Ester Harper, Andries Brink en Adrie van Staden van die Kinderfonds

Beste Andries, Pieter, Mike, Ester en die lede

BAIE DANKIE!

Beeld-Kinderfonds sê graag baie dankie vir die groothartige bydrae van R10,000.
Dis vir ons ‘n riem onder die hart dat GJS weer vanjaar julle ondersteuning aan Beeld-Kinderfonds tasbaar gemaak het.

Die bydrae is die laaste een tot die 2009/2010 jaar en sal volgende week in Beeld erken word.

Wees verseker dat die bydrae aangewend word om die nood van baie sorgbehoewende kinders in kinderhuise en in armoedige gemeenskappe aan te spreek,
deur in hul basiese behoeftes te voorsien, maar ook hulle horisonne te verbreed.
Kinders in kinderhuise word daar geplaas deur die kinderhof, weens mishandeling, verwaarlosing en seksuele molestering.
Ons ondersteun ook skole en inrigtings vir gestremde kinders.

Ons kan met groot dankbaarheid teenoor ons hemelse vader noem dat ons met julle ondersteuning die mikpunt van R 4 miljoen kon haal en
is daarom soveel meer dankbaar vir u ondersteuning. Woorde kan nie genoeg ons waardering vir u skenking uitspreek nie.

Ek vertrou ons sal weer in die toekoms op u ondersteuning sal kan staatmaak.

Allerbeste wense.

Kinderfonds groete

Johan Krige Adrie van Staden
Voorsitter: Beeld-Kinderfonds Skakelbeampte
Tel: 011 976-2273 / info@beeldkinderfonds.co.za