Skip to main content

Kamer Inligting

Die Groter Johannesburg Sakekamer is in Maart 1945 gestig en het sedert die totstandkoming ’n leidende rol, nie net in Johannesburg nie, maar ook op nasionale vlak, in al die vertakkings van die handels-, nywerheids-, mynbou- en finansiële bedrywe gespeel. Die Sakekamer is geaffilieer by die AHI en vorm deel van die Gauteng streek.

VISIE
Om deur dienslewering die sakebelange van ons lede te bevorder.

MISSIE
Om deur aktiewe deelname in die sake-omgewing lede van diens, raad en inligting te bedien en as gemeenskaplike mondstuk lede se belange te bevorder in besluitnemings forums.